We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Vensterkat Maak 'n Wens

by Piet van Wyk de Vries

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.

    Venterkat Maan 'n Wens was a limited release collectors item album, released on May 7th 2010 by Piet van Wyk de Vries at the Pierneef Teater in Pretoria, then at Pipa's Restuarant in Bultfontein, Freestate, and later at Dorpstraat Teater in Stellenbosch.

    These downloads contain the full album art, including inlays and cd cliche, as well as full lyrics (some previously unpublished). This is the first time this album has been re-released in any format since the original 500 copies. As a bonus, also a home video of the launch at Pipa's in Bultfontein, which was previously on youtube (but with low quality audio.), featuring the "Josephine" song.
    Purchasable with gift card

      $8 USD  or more

     

  • Full Digital Discography

    Get all 3 Piet van Wyk de Vries releases available on Bandcamp and save 25%.

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality downloads of Leë Skoene, Vensterkat Maak 'n Wens, and Die Son Die Maan Die Sterre. , and , .

    Purchasable with gift card

      $12.75 USD or more (25% OFF)

     

1.
Moenie bad nie Josephine Ek hou aan die reuk vas van jou hare Wat kan ek alles vir jou bring? Waar sal ek begin op hierdie aarde? Waterloo is koud en nat maar Ek sal dit vir jou vat en Miskien as jy dit sien dan Sal ek jou hart verdien en Miskien sal iemand my dan onthou As iets meer as net die ou Wat behoort het aan sy vrou Moenie was nie tot ek terug is by jou Hou my hand vas Josephine Ek dink ek raak die paadtjie byster Wat anders kan ek van jou vra Wat meer kan jy vir my doen as luister? Parys is koud en oud en Dalk gebou op n` fout wat Niemand raak kon sien nie want Niemand het gesoek nie Maar as jy jou skoonheid vir my wys Word hierdie kasteel dalk net jou huis En jy iemand wat sit in n` paleis En wonder hoekom eet almal nie koek nie Hou my hand vas Josephine Ek dink ons is n` eiland Hou my hand vas Josephine En dalk is daar vir ons êrens n` vry land Soms kan jy die dromme hoor En nog steeds jou kop verloor Want God is in die details en die duiwel is in die skare En miskien daar waar ons mekaar mis is waar die diepste van foute is Dat ons vergeet daar’s n` verskil Tussen n` lewe van sukses en een van waarde So moenie bad nie Josephine Ek hou aan die reuk vas van jou hare Wat meer kan ek vir jou gee Wat maak rerig saak tussen die hemel en die aarde?
2.
Vou jou toe in jou vlerke Verby verby Vloei die dinge van die wêreld Gaan sit jou tone in die water ‘n Laaste roep voor ons toemaak Vir wyn vir wyn Nog ‘n heilige heildronk Voor jy val op die aarde Maak jou oë toe en spring Engel van my Ek wag al jare vir jou Om jouself te bevry Vir al die dinge wat jou so wegvat Om jou terug te bring Terug te bring Vir my Sing jou stadigste liedjie Vir my vir my Ek het jou gemaak presies wat jy is Troebel en suiwer So wat maak jy met jou liefde? Baklei baklei Jy staan op die drumpel van als wat jy ooit wou hê En ek sien jy huiwer Die see sing vas teen die strande Die wind speel in die son se snare Ek is lief vir jou So als is reg op die aarde Als is reg Op die aarde
3.
Rembrandt 03:23
Rembrandt kyk uit oë uit Wat iets weet van die wêreld Hy ken ‘n kleur van pas vir elke vou in jou Maar wat weet ek van skilder af? Ek is maar net ‘n sanger En al waaroor ek kan sing is Hoe ek voel oor jou Partykeer sing ons swart en wit Partykeer is ons swerwers Ons soek deur hierdie goed Wat altyd tussen ons twee is Maar soms sing ek in volle kleur En dan is ek jou verwer En in elke skildery van my Sien ek êrens jou gesig Rembrandt weet die tyd stap aan Ons draai saam met die aarde En al waaraan ek vas kan hou is jy En al was ons al om die maan Ons ploeg nog steeds met swaarde Maar al is ons hier vasgekeer Is ons ook somtyds vry Maar soms is dit in swart en wit Wat ons dink dat ons lewe Ons struikel deur die droom van meer Waarin ons minder is Maar ek sien in jou elke kleur Wat God ons mee vergewe In elke sklidery van my Sien ek jou gesig Want Rembrandt kyk uit oë uit Wat iets weet van die donker En hoop dat ons ons lewens leef in lig Party lewe vir geld en goud, tog ek kan doen daarsonder Want ek wil net bly In jou skildery En soek Na jou gesig
4.
Jy soek na die blou Tussen die branders Jy soek ankers al Wil jy eintlik verander Jy soek deur wolke en mis Wat vol berge is Jy soek verby my Ek hoop jy kry my Maar jy’t jou hand voor jou oë En jy loer deur jou vingers Na iemand wat glo in vergeef en vergeet Die wêreld is groot En ons is beginners Maar jy is die een En dis al wat ek weet Jy hoop daar’s ‘n lig Anderkant hierdie nag Jy hoop daar’s ‘n einde Waar almal vir ons wag Jy hoop daar is meer Meer as wat jy kan sien En as alles klaar is Dat ons bymekaar is Ons is maar net hier Vir ‘n klein bietjie tyd So leef eerder nou vir jou As vir ander vir altyd en altyd
5.
Lapland 03:31
Ek hoop Dat jy jou hart verloor in Lapland Jy hou mos alles altyd binnekant Waar jy jouself probeer vergeet Ek dink Jy moet jouself verloor in Amsterdam Net eenkeer wegraak in n` ander land Êrens anderkant die see x2 Ek Wil n` blom in die woestyn kry Ek wil jou vrymaak en dan agterbly Ek wil weet dat jy begryp Ek wil weet dat jy verstaan Dat die meeste mense minder weet En dat die wêreld jou verkeerd gaan meet Selfs al staan jy op die son Selfs al skryf jy op die maan
6.
Ek het jou uitgepluk En in my huis gesit Hoekom is dit nie genoeg nie? Ek het jou omgedraai En ek het jou omgeblaai Hoekom is dit nie genoeg nie? Jy het gedroom dat jy verdrink Ek was daar voor jy kon sink Al wat jy daaroor kon sing of sê Was dat ek nie eintlik moes nie Maar ek het jou so so nodig Hoekom is dit nie genoeg nie? Ek het jou op my muur gehang Ek het jou in papier gevang Nie genoeg om jou te hou nie Ek het jou ingelaat en Ek het jou vrygemaak Dit was nie genoeg vir jou nie Ek moes jou hou Want ek wou nie jou laat gaan nie Want jy sou nie ooit terug vir my kyk nie Met niemand daar om vir jou te sê jy hoef nie Maar ek het jou so so nodig Hoekom is ek nie genoeg nie? Miskien is daar vir jou n` Spesiaal gemaakte mens Miskien as nog n` ster of twee verskiet Sal ek dit vir jou wens Het ek jou dan hier vasgebind? Ek het vryheid uitgedink Ek het dit feitlik uitgevind Jy sou kon sien jy’t als wat jy wou hê As jy net kon sien en geweet het wat jy wil hê Ek het jou beter gesoen want als het seergemaak Vir jou die wêreld gewys sodat jy wys kon raak Ek het my woorde gesluk in plaas van veg met jou Het ek geveg vir jou Het ek met almal geveg vir jou Ek het jou so so so so nodig Hoekom is dit nie genoeg nie?
7.
Ek is nog hier…
8.
Kersfeeskind 05:24
Die tyd staan stil, as jy wil En dink dit moet Die wêreld was klaar in sewe dae En dit was goed Die lyne van lig op jou gesig Loop na jou oë Waar die tyd aan jou vat, vat ek aan jou Vat die jare terug En ek wens net dit: Om langs jou te sit Soos jy jou lewe leef En aan jou te dink as ‘n kind op Kersfees Deur die stille nag sit ek en wag Vir jou my lief Die sterre wink en ek dink Kan ek asseblief Net wens vir dit: Om langs jou te sit En jou oë te lees Ek droom van jou Net soos ‘n kind van Kersfees Ek hang aan jou lippe soos reën aan die wolke Op ‘n warm Somer laeveld aand Jy vertel jou storie van trane in glorie En ek verstaan En ek verstaan Die jare gly by ons verby Tyd deur jou hand Die aarde draai vir jou en my Van sand tot sand En as ek kon dan sou ek weer My lewe wou kom leef Om jou weer te vind Net soos ‘n kind op Kersfees
9.
Fluister 03:44
Die mure tussen jou en my het ore En hoor al die geheime wat ons hou ‘n Doolhof vol van harte lank verlore die mure tussen my en jou   Die see tussen die twee van ons is dieper Dieper as die drome in jou oë Maar die liefde wat ons harte bymekaar hou Is n boot en hou my bo Droog jou trane af ek luister Sing jou lied vir my ek hoor Sing so sag dat selfs die engel nader skuif En sê jy’s lief vir my maar fluister dit in my oor Die hartstog tussen jou en my is groter Groter as wat ek ooit kon beheer Die beste deel van liefde is die soektog Maar die grootste deel van liefde is die seer
10.
Dadadadadadada Mm mmm mm mmm mmmm Toetoedoo toetoedoe alle liedjies geskryf deur piet van wyk de vries triplane music/emi music publishing mm mm mmmm mm mmm addisionele sang en stemme deur marica Dadadadadadadatada omslagkuns deur byeon sang-byeok en thomas gainsborough Mmm mmmm mm mm mmm uitleg deur andre g nel Toetoodoe toetoodoe toetoodoo Versprei deur Select Music Distribution www.vanwykdevries.com vir wilmarli soos alles anders Dadadadadadada dada Toetoedoe toetoodoe Mm mmm mm mmm mmmm mmm

about

Venterkat Maan 'n Wens was a limited release collectors item album, released on May 7th 2010 by Piet van Wyk de Vries at the Pierneef Teater in Pretoria, then at Pipa's Restuarant in Bultfontein, Freestate, and later at Dorpstraat Teater in Stellenbosch.

It was the third solo album released by the artist.

Only 500 copies were printed, and these were sold out during these three shows, with a few kept by the artists. All but one of those copies were later sold for various charities or to selected supporters. It contained future classics such as "Rembrandt", and "Al wat ek weet" and "Fluister" that would go on to be covered very well and successfully by many others, of special note in this regard is Mathys Roets

From the original press release (compiled by Select Music Distribution) :

"Piet van Wyk de Vries ~ Vensterkat maak ‘n Wens

Piet van Wyk de Vries is wel bekend aan meeste afrikaanse sangers as een van ons land se beste liedjieskrywers. Nadat Mathys Roets sy arm gedraai het om sy eerste album, Die Son die Maan Die Sterre, op te neem in 2006, het hy, met treffers soos MadeleinMadelein en Iemand Soos Jy suksesvol die brug tussen liedjieskrywer en sanger oorgesteek.

Hy het oorspronklik onder die musiekbedryf se aandag gekom as produksieleier en verwerker op treffer CD’s soos Dozi se Op Aanvraag, en as liedjieskrywer vir die sterre, onder andere Mathys Roets, Dozi, Wynand Strydom en Guillome. Maar dit was eers toe hy self sy liedjies begin sing het dat die publiek bewus geword het van die omvang van sy talent.

Sy briljante lirieke en kreatiewe verwerkings het al beskrywings in die pers uitgelok soos “die volgende Koos Du Plessis”, maar sy huiwering om sy musiek komersieël te bemark, asook sy kontroversieële houdings teenoor tradisionele roetes na bekendheid, het hom gevestig as ‘n ware onafhanklike kunstenaar in sy eie reg, met ‘n baie sterk en groeiende bewonderaars kring gebaseer op suiwer meriete.

Hy het sy tweede album, ‘n Pyl deur Seil met Vuur, uitgereik in September 2008, en homself gevestig as ‘n kunstenaar wat nog lank hier gaan wees. Stil-stil en onder die radar het hy al duisende CD’s verkoop en bewonderaars oorgewen, nie net in Suid Afrika nie, maar ook in Australië, N.Zeeland, Amerika, Nederland en Engeland (om net ‘n paar te noem)

Piet is ‘n voorbeeld van die heel beste wat die Afrikaanse Taal het om vir die wêreld te wys, en met net sy kitaar en stem op die verhoog is hy ‘n ondervinding wat moet beleef word om te kan beskryf.

Op 7 Mei 2010 stel Piet sy 3de oorspronklike album, Vensterkat Maak ‘n Wens,
bekend by die Pierneef teater in Pretoria. En op 18 Mei bring hy die album Kaap toe by Dorpstraat Teater."

credits

released May 7, 2010

The album contains 10 original tracks, written and recorded by Piet van Wyk de Vries.

Original Credits for the album was hidden in the lyrics of track 10. Herewith as quoted:

"...alle liedjies geskryf deur
piet van wyk de vries
triplane music/emi music publishing
mm mm mmmm mm mmm
addisionele sang en stemme deur marica
Dadadadadadadatada
omslagkuns deur byeon sang-byeok
en thomas gainsborough
Mmm mmmm mm mm mmm
uitleg deur andre g nel
Toetoodoe toetoodoe toetoodoo
Versprei deur Select Music Distribution
www.vanwykdevries.com
vir wilmarli soos alles anders
Dadadadadadada dada
Toetoedoe toetoodoe
Mm mmm mm mmm mmmm mmm"

license

all rights reserved

tags

about

Piet van Wyk de Vries South Africa

contact / help

Contact Piet van Wyk de Vries

Streaming and
Download help

Report this album or account

Piet van Wyk de Vries recommends:

If you like Piet van Wyk de Vries, you may also like: