We’ve updated our Terms of Use to reflect our new entity name and address. You can review the changes here.
We’ve updated our Terms of Use. You can review the changes here.

Die Son Die Maan Die Sterre

by Piet van Wyk de Vries

/
  • Streaming + Download

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality download in MP3, FLAC and more.

    This download includes the entire album booklet and cover art, including the never before seen color version of the cover. Tracks that were featured in the artist Bess Rheeder's exhibition, inspired by the album, are included with the 7 songs they were inspired by.
    Purchasable with gift card

      $8 USD  or more

     

  • Full Digital Discography

    Get all 3 Piet van Wyk de Vries releases available on Bandcamp and save 25%.

    Includes unlimited streaming via the free Bandcamp app, plus high-quality downloads of Leë Skoene, Vensterkat Maak 'n Wens, and Die Son Die Maan Die Sterre. , and , .

    Purchasable with gift card

      $12.75 USD or more (25% OFF)

     

1.
Die stad se liggies jaag vanaand die aand aan En haar strate maak hulle arms oop vir my Ek het die wêreld aan my voete Ek kan net vra en ek sal kry Ek sal die hele ding En als daarin verruil Vir iemand soos jy Ons staan in die ligte van die motors wat verby ry En in die patrone wat teen jou kamer muur val en afgly Loop die mense in die strate Soos tyd by ons verby En in die oggend aan die einde van die droom was daar net ek en Iemand soos jy En ek kyk op na die sterre Hoe hulle skitter in die aand En die see wieg vir die maan waar wense bly En ek gaan soek bo op die berge En in die diepste oseaan En ek wentel op my eiland in die ruimte om die son En wag vir iemand soos jy Het ek jou verbeel ? Het ek jou gedroom ? Is dit als te veel gevra ? ‘n Wêreld net vir my En iemand soos jy
2.
Sien My 03:18
Ek is die een wat van jou hou Daar is geen ander Daar is geen ander een wat kom by jou nie Ek is die een wat van jou hou Daar’s nêrens anders Daar’s nêrens anders vir my as by jou nie Maak los jou hare En voel die wind Want in die wind is jy vry Maak oop jou oë En sien my Ek is die een wat van jou hou Ek geen nie om nie Ek gee nie om wat almal dink van my nie Ek is die een wat van jou hou Dit maak nie saak nie Want daar is niemand wat glimlag soos jy nie Maak los jou hare En voel die wind Want in die wind is jy vry Maak oop jou oë En sien my Aan jou een kant is ‘n man Hy tel die sterre op sy vingers af en aan Jou ander kant is ‘n man En hy weet alles van almal anders af Maar ek ken net vir jou Ek is die een wat van jou hou Is dit verkeerd? Is dit verkeerd om te sê wat Ek bedoel ? Ek is die een wat van jou hou Het jy vergeet ? Het jy vergeet hoe goed die lewe Kan voel ?
3.
Wat van ‘n wens Gefluister in my oor? Jou grootste geheim het geglip deur jou lippe En ek het gehoor Wat van ‘n traan Geknip uit jou oë? Ek het geveg vir ‘n plek in jou lewe En ek het verloor So wat van ‘n wals Mariëtte? Ek wou jou vertel van die sterre Ons almal het vlerke maar ons Hardloop hier rond op die grond Aan die stap sonder spore Maar jy Mariëtte Kan dans tot jou hart breek en steeds Kyk na die liggies daar bo En wonder wat hou jou hier onder Aan die slaap sonder drome Vanaand Mariëtte Is al wat ons het Hierdie wals Wat van ‘n blom Gevang in ‘n raam? So het ek jou vas probeer skilder aan my Maar jy’t weg gegaan Wat van ‘n kans Om vir oulaas te dans? Om nog een keer die wêreld vir jou te kan wys En te hoop jy verstaan So wat van ‘n wals Mariëtte ? Ek wou jou vertel van die sterre Ons almal het vlerke maar ons Hardloop hier rond op die grond Aan die praat sonder woorde Maar jy Mariëtte Kan dans tot jou hart breek en steeds Kyk na die liggies daar bo En wonder wat hou jou hier onder Aan die slaap sonder drome Vanaand Mariëtte Is al wat ons het Hierdie wals
4.
Leë skoene 03:54
Leë hande Leë skoene Die pad gevat met niks meer as ‘n bietjie hoop nie Van nou af Tot more Niks anders as jou deur om na toe te loop nie Want as jy my soen vergeet ek alles As jy my soen gaan my oë toe toe toe As jy my soen Gaan die veters van my hart los en wens ek Kon weet wat dit is Wat jy doen As jy my soen Leë woorde Leë mense Wat net dink aan hulself en doen net wat hul wil Maar alles Wat saakmaak Is woorde in ons oë al is ons harte stil Miskien is ek die koning van Rooihuiskraal En dan’s jy my koningin Dalk’s ek is ‘n prins van Noord-Transvaal ‘n Kaalvoet ridder Wat jou kom haal
5.
Jy en jou oë, en jou lag Deur jou trane Jy en jou hart, wat jy dra Op jou mou Nog al die jare MadeleinMadelein Daar’s te veel mense in die wêreld tussen jou en my MadeleinMadelein Daar’s te min sterre in die hemel om op te wens vir ek en Jy met jou skoene in jou hand In die rok wat jou ma gemaak het en Jy en jou siel wat jy verkoop het Aan die eerste engel wat opgedaag het MadeleinMadelein… En ja, ek droom ek soen jou soen jou Soen jou soen jou Vir jou in die somer Met my hande in jou hare Ek en jy deurmekaar deurmekaar deurmekaar Vir jou op jou mond met jou naam Op my lippe Vir jou op jou hand oor jou hart Met jou vingers vas oor al die stukke MadeleinMadelein Daar’s te veel mense in die wêreld tussen jou en my MadeleinMadelein Daar’s te min sterre in die hemel om op te wens vir ek en jy MadeleinMadelein Hoe kan ek sê vir jou wat ek wil sê vir jou MadeleinMadelein Daar is ‘n plek in my hart waar ek nog droom van jou
6.
Die oggend son begin te verf Aan Donderdag se blou En tussen die Oktober drome dink ek soms aan jou Ek weet ek kan jou bêre in die krakies van die nag Ek hoop ek sien jou weer En dat jy is net soos jy was Ek wonder wat ek op sou gee Om terug te stap in tyd Die son, die maan, die sterre Om weer in jou oë te kyk En ek weet ek’s net ‘n skadu in die plooie van jou lag Maar ek hoop ek sien jou weer En dat jy is net soos jy was Ek hoop ek sien jou weer En dat jy is net soos jy was
7.
Saam met die son gaan jy nog leer glimlag Vir al hierdie monsters wat jou nog gaan pla Miskien sal jy lewe agter die ruite Miskien sal jy wegkruip agter die vrae Saam met die wind gaan jy nog leer hardloop En daars vir jou hartseer agter die maan Net soos die seisoene sal alles verander Die oomblik wat jy dink dat jy alles verstaan Maar die see sal blou bly vir altyd Sê hallo Adriaan, sê hallo Saam met die reën sal jy sien die lewe Sal jou altyd laat opstaan om jou verder te leer En net soos jou hart sal bloei soos die lente So sal jou hart ook bloei van die seer Maar my liefde sal jou vashou vir altyd Sê hallo Adriaan, sê hallo En ek hoop elke aand bring vir jou sy sterre En ek hoop elke ster bring vir jou `n wens En ek hoop ek kan al jou vrae beantwoord En ek hoop dat jy sal lank nog hier by ons kan bly Maar ek bid vir die krag dat as daardie dag kom En jy jou vlerke wil oopsprei, dat ek jou kan bevry Maar jy is deel van my vir altyd Sê hallo Adriaan, sê hallo Adriaan, sê hallo
8.
Ek het my strand verlaat in ‘n storm Ek het my vlot met dryfhout gebou En gemik vir jou Ek het die aande getel op die golwe Daar was sout op my tong en in my oë Maar daar was wysies in die water daar was woorde in die wind En ek het geglo Dat die see tot ‘n einde sal kom By daai liggie op die horison Jy het ‘n vuur begin En dit het my hier gebring En selfs al is die storm van die eeu op ons Is jy hier veilig by my Want jy’t my uit die water getrek en ek Ek het jou eiland gekry Partykeer droom ons van liefde In ‘n brief in ‘n bottel in die sand In jou hand En dit sê Hierdie wêreld behoort aan die dromers En die dromers behoort aan die see En daar is strome agter branders Daar’s golwe en getye Tussen ons twee Is daar hele oseane en soms Net ‘n stroompie in die pad tussen ons …maar net ‘n handvol reën op jou venster Is partykeer elke druppel in die see
9.
Hoe lank sing ek al vir jou Hierdie liedjies van verlange Hierdie liedjies van die strate In die stad Hoe lank sing ek al vir jou Van die liggies in die donker Van die kamers in die wolke Van jou hart En ek weet dat jy verstaan En eendag sal jy als wat ek vandag sê Weer onthou En ek weet dat jy kan sien Al sing ek nog `n liedjie van die see en van die berge ek Sing maar net `n liedjie van jou Hoe lank sing ek al vir jou Hierdie liedjies van die aande Hierdie liedjies van die stiltes In die nag En hoe lank sing ek al vir jou Van die golwe en die strande Van die goud en diamante Wat wag En ek weet dat jy verstaan En eendag sal jy als wat ek vandag sê Weer onthou En ek weet dat jy kan sien Al sing ek nog ‘n liedjie van die reën en van die wolke ek Sing maar net n liedtjie van jou Hoe lank sing ek al vir jou Hierdie liedjies van verlange Hierdie liedjies van die vure In die lug Hoe lank sing ek al vir jou Hierdie liedjies van die liefde Hierdie versies van die eerste Gedig
10.
Sien jy die see? Daar agter die berge Staan op jou tone Dan sien jy die see Sien jy die son Daar agter die wolke Vee die reën uit jou oë uit Dan sien jy die son Sê hallo vir jou wêreld Wat jy vashou binne in jou hand Elke klip in jou skoen is ‘n pêrel en Elke traan op jou wang is ‘n diamant Sien jy jouself Daar agter jou glimlag Kyk na jou hande Dan sien jy jouself Sê hallo vir jou wêreld Wat jy vashou binne in jou hand Elke klip in jou skoen is ‘n pêrel en Elke traan op jou wang is ‘n diamant Sien jy die maan Die hemel vol sterre Wag vir die donker En sien hulle skyn
11.
Ag Baby draai my om Ag Baby draai my om Die pad is lank en Die wêreld groot Jy’s in die selfoon hier Op my skoot Ag Baby draai my om Ag Baby draai my om Ag Baby draai my om Die nag is wild Die maan kom op Jy lê hier agter In my kop My Baby draai my om Draai my om Dra my Ag Baby draai my om Ag Baby draai my om By die linker venster lê Die sterre en die nag By die regter venster wag Alldays in die son Ag Baby draai my om Draai my om Dra my

about

This was songwriter Piet's first solo album, released around 2007. He recorded and released it upon the urging of singer and friend Mathys Roets. It was supposed to be his only album, a one time dare.

It was released in 2007 at a small restaurant in Hatfield, Pretoria, to an audience of friends and family.

The album met with surprising commercial success for an independent release, the songs MadeleinMadelein and Iemand Soos Jy, among others, charting high on all independent Afrikaans charts. Most songs on this album have gone on to be covered multiple times by other artists.

credits

released May 7, 2007

See CD Booklet in bonus items

license

all rights reserved

tags

about

Piet van Wyk de Vries South Africa

contact / help

Contact Piet van Wyk de Vries

Streaming and
Download help

Report this album or account

Piet van Wyk de Vries recommends:

If you like Piet van Wyk de Vries, you may also like: